BONUSJULY2016 - page 7

BONUS
June/July 2016
5
Die Fortuner, wat van meet af ontwerp is om in
stedelike en buitelugtoestande te gedy, pronk
met skerp en gevormde buitelyne, slanke
kopligte en beskerming onder die romp. Die
groot boonste sierrooster is skuins gemonteer
met dik verchroomde omlystings wat om die
slanke en aggressiewe projektor-tipe kopligte
vloei. Dié sterk ontwerp het ’n uitstaande drie-
dimensionele trapesiumvormige voorste buffer
terwyl diepversonkemisligte in al dieweergawes
die voertuig se breedte beklemtoon.
’n Fris karakterlyn strek al langs die kante oor die
deure tussen die uitgeboude voor- en agterkant-
wielnisse met ’n geronde oppervlak om ver-
fyning midde gehardheid uit te druk.
Die ontwerpers het ook die gordellynbeklemtoon
deur dit in die C-pilaar te laat opwip. Die Fortuner
se geronde bo-romp word deur ’n verchroomde
omlysting wat van die kante na die agterkant-
glas (in sekere modelle) omvou, beklemtoon.
Die algehele uitwerking daarvan tesame met die
swart pilare en uitstaande agterste lugskort is ’n
swewende dak met ’n onmiskenbare houding.
Die slanke stertligsamestelle en nommer-
plaatafwerking vloei netjies by die ingewikkelde
oppervlak van die agterkant van die romp in.
Al die modelle het ligdiode-remligte ten gun-
ste van ’n hoëtegnologiese beeld, ligdiode-
stertligte, tweelinghalogeen-kopligte vir die
2.4 GD en 2.7 VVT-i en hoëstraal-ligdiodekop-
ligte vir die 2.8 GD en 4.0 V6.
Binneruim-weelde ingesluit
Die nuwe Toyota Fortuner is ontwerp met ’n fris
dog elegante binneruim met vloeiende opper-
vlakke en vorms wat gemak en gerief beklem-
toon. Vooraanstaande sagtegevoel-materiale
word in kern-kontakoppervlakke naby die voor-
The new Fortuner may share some
under-the-skin artillery with its
tough-as-nails Hilux sibling, but in
terms of design, they’re poles apart.
In the current guise, the Fortuner
sports a more distinctive, sleek yet
striking and powerful design.
The front end looks bold and
impressive, and the overall look
is handsome and muscular.
Article also available in English
1,2,3,4,5,6 8,9,10,11,12,13,14,15,16,17,...102
Powered by FlippingBook