BONUSJULY2016 - page 8

6
BONUS
June/July 2016
paneel, windskermpilare en deurbeslag inge-
span. Die binneruim het ook ’n magdom
metaalinsetsels, houtgreindetail en omsigtig
ontwerpte ornamente net waar dit nodig is.
Daarbenewens word die prominente middel-
konsole afgerond deur vertikale pilare in sagte
materiaal aan weerskante en wat ook byko-
mende beensteun vir die bestuurder en voorste
passasier bied. Die voertuig het sitplek vir sewe
mense in drie rye, met toevou-voorsitplekke wat
aan die skouers uitgebou is en stewige verster-
kings wat die bestemoontlike steun bied.
Geen koste vir gerief
Al die Fortuner-modelle het klankstelsels met
vier of ses luidsprekers, hulpsok/USB-poorte,
AM/FM-radio en ’n CD-speler. Die klankstel-
sels van die 2.8 GD- en 4.0-V6-modelle pronk
met DAB+ digitale radio, 7”-skerm met DVD-
versoenbaarheid en trurat-kamerabeeld. Die
vlagskip-model, die 4.0 V6, het ook ingeboude
satelliet-navigasie.
Ander standaard-geriefskenmerke sluit in blue-
tooth-verbinding, stuurgemonteerde kontroles
vir klankstelsel- en telefoonbeheer, sowel as
elektriese beheer vir die deurslotte, deurspieëls
en vensters. Lugversorging is ook deel van die
standaard-toerusting, en pronkmet afsonderlike
lugvloei-kontroles vir die tweedery-insittendes.
Een van die hoofaantrekkings van die nuwe
Fortuner is die oorvloedige bergruimte en veel-
vuldige beker- en bottelhouers, bergkomparte-
mente, laaie, sakke en konsoles. Die lugversorgde
bergruimte bokant die paneelkissie kan gebruik
word om goed warm of koud te hou, en kan twee
500ml-bottels huisves. Gerieflike inkopiesak-hake
agter die voorste sitplekrugleunings is ook deel van
al diemodelle se standaard-toerusting.
Al die modelle het drie 12-Volt-hulpsokke – onder
die middelkonsole, in die middel van die mid-
delkonsole vir die tweedery-insittendes, en agter
in die laairuim.
Gebou vir veld en beskawing
Die nuwe Fortuner het ’n hoësterkte-raam,
stewige romp, kronkelveer-vering en onderstel-
kalibrering. Die gevolg is volmaakte duursaam-
heid, hantering wat vertroue bied, skitterende
ritgemak en min oordrag van padgeraas, enjin-
vibrasies en grofheid (NVH).
Fyn aandag is aan volmaakte sterkte, wring-
stewigheid, beskerming teen opslagklipskade
en roes gegee en om terselfdertyd aan streng
gewigsteikens te voldoen. Die nuwe raam se
kant- en dwarsbalke is versterk terwyl die romp
hoësterkte staal vir uitmuntende stewigheid en
botswaardigheid benut en gewig verminder.
Die uiters stewige onderstelraam en romp bied ’n
stabiele platformvir die Fortuner se nuwe veerstel-
sel, wat ’n aansienlike bydrae tot die beste moont-
like stuurreaksie bied. Die nuwe Fortuner het ’n
dubbelmikveerstelsel voor en vierskakel-kronkel-
veer-agterveringmet rolstawe voor en agter.
Kragtoename
Die nuwe Fortuner word aangedryf deur ’n reeks
nuutontwikkelde enjins, waaronder die 2.4 en 2.8
Global Diesel (GD) enjinreeks, die 2.7 VVT-i en
vierliter-V6-kragbronne.
Die GD-reeks enjins is die hoofaantrekking
aangesien hulle beter kraglewering, doeltreffend-
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...102
Powered by FlippingBook