BONUSJULY2016 - page 9

BONUS
June/July 2016
7
heid en verfyning bied. Die nuwe enjins, wat hul
buiging in die jongste Hilux-reeks gemaak het, is
van meet af ontwikkel of ’n uitstaande pad- en
veldry-ervaring te bied.
Die GD-reeks enjins plaas groot klem op wring-
kragontwikkeling en laespoed-buigsaamheid.
Die enjins maak gebruik van ’n uitleg met dub-
bele bonokasse (DOHC), 16 kleppe en vier silin-
ders, en slaan munt uit veranderlike turbo-aan-
jaers (VNT), wat die saamgeperste lug deur ’n
nuwe voorgemonteerde tussenkoeler aanjaag.
Ryk en soepel transmissie
Die nuwe Fortuner maak gebruik van die jongste
Toyota-sesgang-tranmissietegnologie ten gun-
ste van gemak, gerief en brandstofekonomie.
Die handrat- en outomatiese transmissie, wat
vir al die graderings beskikbaar is, dek ’n wye
strek ratverhoudings om versnellingsverrigting
en brandstofekonomie teen snelwegsnelhede te
vervolmaak.
Toyota het die nuwegeslag-transmissiestelsels
ontwikkel om brandstofekonomie en wissel-
gevoel te verbeter, wat ook betroubaarheid en
duursaamheid in die hand werk. Brandstof-
ekonomie is aan die hand van beperkte wring-
verliese verbeter deur die beste moontlike
plasing van die oilieskeier en beter materiale vir
die bewegende dele te gebruik.
Veiligheid en gemoedsrus
Die nuwe Toyota Fortuner 4x4 turbodiesel-sport-
nutsisontwikkelomdiebesteveiligheidstandaard
in die hand te werk. Standaard elektroniese veilig-
heidsmaatreëls sluit in voertuigstabiliteitsbeheer
(VSC), aktiewe kloubeheer (A-TRAC), sleepwa-
swaaibeheer (TSC), heuwelwegtrekhulp (HAC) en
rymodus (drive mode select). Afdraandebeheer
(DAC) is net vir die 4x4-modelle beskikbaar.
Die nuwe Fortuner se veiligheidstoerusting sluit
terugtrek- en noodsluiting-driepunt-gordels vir al
die sitplekke in, met lasbeperkerkende styftrek-
kers vir die voorste sitplekke. Die nuwelinge het
ook ’n sitplekgordelwaarskuwingstelsel vir die
voorste en tweede ry sitplekke, en drie bokant-
kindersitplekankerpunte en twee ISOFIX-mon-
teringspunte vir babasitplekke.
Graderings: maak die wêreld jou eie
• Intreegradering (2.4 GD-6 en 2.7 VVT-i)
• Standaard-gradering (2.8 GD-6)
• Hoë gradering (4.0 V6)
Voorgestelde kleinhandelpryse vir die nuwe
Fortuner is as volg:
2.4 GD-6 Raised Body-handrat:
R436 400
2.4 GD-6 Raised Body-outomaties:
R453 400
2.7 VVT-i Raised Body-outomaties:
R429 400
2.8 GD-6 Raised Body-handrat:
R513 400
2.8 GD-6 4x4-handrat:
R571 400
2.8 GD-6 Raised Body-outomaties:
R531 400
2.8 GD-6 4x4-outomaties:
R589 400
4.0 V6 4x4-outomaties:
R633 400
Al die voorgestelde kleinhandelpryse sluit ’n
waarborg van drie jaar / 100 000 km en ’n diens-
plan vir vyf jaar / 90 000 km in.
1,2,3,4,5,6,7,8 10,11,12,13,14,15,16,17,18,19,...102
Powered by FlippingBook